top of page

HOE WERK ONS

LIDMAATSKAP

Jou verbintenis as lidmaat van Brisbane Afrikaanse Kerk

 

Volkome onder beheer van die Heilige Gees
Ek wil graag in die gemeente en in die wêreld wees waar God my bedoel het om te wees. Daarom wil ek onder beheer van die Heilige Gees leef en myself, en wat God my gegee het, tot diens en seën van die gemeente stel om so God se koninkryk te bevorder.


Algehele beskikbaarheid
Ek stel myself, my tyd, my energie, my insig en my gawes tot beskikking van God en my medewerking met elke broer en suster in die gemeente. Ek wil met my hele hart deel hê aan die opbou en uitbou van God se gemeente.

 

Onvoorwaardelike liefde
Ek onderneem dat ek nie sal toelaat dat enigiets my liefde vir ander lidmate sal skaad nie. Al stem ek nie altyd met ‘n ander se optrede of mening saam nie, sal ek hulle as persone steeds bly liefhê. Ek sal ook na die beste van my vermoë, God se liefde sigbaar maak teenoor die wêreld.


Sensitiwiteit vir ander
Ek onderneem om na die beste van my vermoë op ander mense se behoeftes ingestel te wees. Ek wil met Christus se oë kyk, met sy ore luister en met sy hart omgee om so tot diens vir andere te wees.


Lojaliteit en gebed
Ek onderneem om lojaal teenoor die gemeente te wees en gereeld vir die gemeente te bid.

Is jy gereed om deel te word van ons gemeente?

bottom of page